PENGUINPOST29 - Flipbook - Page 6
UPFRONT
Vyf Minute met …
CHANETTE
PAUL
Met ’n koel vyftig boeke
op haar kerfstok, is Chanette
Paul inderdaad ’n koningin
van die Afrikaanse skryfkuns.
Hoeveel jaar skryf jy al?
En as hierdie boek nommer
50 is, hoeveel boeke skryf
jy gemiddeld per jaar?
Eintlik skryf ek al sedert
ek kon letters maak.
Ek het my eerste boek
in 1995 geskryf. Deesdae
skryf ek gemiddeld een
boek per jaar, maar voor
2007 het dit gewissel
afhangende van die genre.
My rekord is die Daveltjies.
Ek het ses van die sewe
in een jaar geskryf.
Toe jy begin skryf het, was
daar enige doelstellings
in jou kop? Dat jy ten
minste een manuskrip
wil voltooi en instuur,
dalk een boek uitgee?
Ek het destyds net
gehoop ek kry eendag iets
gepubliseer. Toe my eerste
manuskrip aanvaar is, was
daar hierdie drang na nog
een en nog een. Stories
uitdink en skryf kan nogal
verslawend wees.
Jy het ‘n baie goeie
verhouding met jou lesers
4
op sosiale media. Vir hulle
is jy nie ‘anoniem’ nie. Hoe
hou jy dit opreg sonder om
jou privaatheid op te gee?
My lesers is so wonderlik
ondersteunend, en kan
soms so skreeusnaaks
wees, dat dit vir my lekker
is om sekere dinge met
hulle te deel. Dis maar
soos gesels met vriende.
‘n Mens deel uiteraard nie
alles nie, maar wel dinge
waarin ek dink hulle sal
belangstel en dinge wat
vir my lekker is. Soos foto’s
van my tuin, resultate van
my ander stokperdjies en
dies meer.
In Anoniem wil Lula Prins
‘n nuwe lewe begin op ‘n
plek waar niemand haar
ken nie. Waarop sinspeel
die woord nog?
Onder meer op die vraag
of ‘n mens deesdae, met
die gewildheid van sosiale
media en die vinnig
ontwikkelende tegnologie,
ooit nog werklik anoniem
kan wees. Ook op die
redes waarom manuskripte
THE PENGUIN POST MARCH/APRIL 2024
anoniem gekeur word en
die voordele en nadele
daarvan. Daar is ook sekere
fases in haar lewe waar
Lula verskillende name
genoem is en elke naam,
onder meer haar skuilnaam
as skrywer van vrystories,
verteenwoordig ‘n ander
aspek van wie sy is. In ʼn
stadium besef sy dat sy
eintlik vir haarself ook
anoniem is. Een van die
onderliggende temas is
dan ook ‘n vrou op soek na
haar ware identiteit.
iets hieruit kan leer, of
was dit nie die idee nie?
Ek dink lesers sal ‘n bietjie
meer van die hele proses
van skryf leer, hoeveel
harde werk dit verg, met
hoeveel teleurstellings
skrywers dikwels te doen
kry en deur hoeveel fases
‘n manuskrip gaan voor dit
(dalk) uitgegee word. Daar
is egter nie lesse in oor
hoe om ‘n boek uit te gee
nie. Net wat nodig was vir
die storie.
Jou kat, Thomas, het
homself in jou vorige boek
ingewurm en ʼn karakter
daarin geword. Het hy dit
weer gedoen? Is daar enige
diere in hierdie boek?
Nee, Thomas was nie weer
lus vir ‘n storie nie. Hy is
in Murasie deur te veel
trauma. Daar is wel ‘n
rondloperkat in die verhaal
wat al makker word en vir
Lula tot troos is.
Jy skryf oor die proses van
‘n boek uitgee. Sal mense
Anoniem is nou beskikbaar.